Training
Senior Opleiding
Ons bied elke maand opleiding, gewoonlik die laaste Saterdag van elke maand. Die opleiding wissel elke maand tussen Toegewyde Jagter, SAJWV Baanoffisier, SAJWV Trofeemeet beampte en Toegewyde Sport skut. Die kursus word aangebied by Victorious Gaste huis op die hoek van Victor en Bester Straat in Del Judor X1, Witbank. Die tye van die kursus is soos volg; Alle opleiding begin 08:00 en eindig sodra almal klaar is met die voorgeskrewe toetse. Die Toegewyde Jagters kursus eindig ongeveer 13:00, waarna ons na die WPSC skiet baan beweeg vir die praktiese skiet toets. Die praktiese toets is 3 skote op die Rooibok teiken se hart-long area.
Die prys per kursus is soos volg;
- Toegewyde Jagter R1050
- SAJWV Trofeemeet beampte R550
- Toegewyde Sport R950
- SAJWV Baanoffisier R300
Hierdie kostes sluit alles in wat jy benodig vir die teoretiese kursus asook verversings en 'n ligte ete. Bevestig asseblief die bedrag aangesien dit van tyd tot tyd aangepas word.
Ons bied ook tussen die beplande datums Toegewyde Sport kursusse aan, indien daar n behoefte is en ons 3 of 4 lede kan kry: so skakel gerus vir Kevin Opperman vir enige navrae by 082 552 6322.
Junior Opleiding
Gert vd Merwe behartig ons Junior opleiding. Hou die kalender dop vir meer inligting.